Hier op die oewer van die Rietspruitdam Ontspanningsoord kamp jy byna letterlik met jou voete in die water. Die skaduryke wilgerbome bokant jou kop en die lowergroen gras onder jou voete maak hierdie oord ‘n paradys vir buitelug liefhebbers. Die kampeerstaanplekke is ruim en gelyk, elk met ‘n braaier, kragpunt, kraan en asblik. Die ablusieblok is stapafstand van al die staanplekke.
Hierdie dam se voedingsbron vir sy skoon water is Die Oog van Schoonspruit en daarom ideaal vir visvang- en watersportgeesdriftiges. Die oord bied ook fasiliteite soos swembaddens, kiosk, fietsrybaan, speelpark en ontspanningsaal met pool tafel en tafeltennis.
Buiten die gasvryheid wat jy hier sal ervaar, is die oord ook kinder- en troeteldiervriendelik.
Vir minder as 90 minute se ry vanaf Gauteng, is ons vêr genoeg van die stad se rumoer en naby genoeg vir ‘n naweek se wegbreek.
As u eenmaal die water van die Rietspruitdam Ontspanningsoord beleef het, sal u altyd terug hunker!
ESKOM: Aangesien ESKOM ons van krag voorsien, kan ons dit nie te alle tye waarborg nie, wees asb selfvoorsienend tydens kragonderbrekings, Kragopwekkers en gastoestelle welkom.